Beschrijving
Soveel meer… Adele Reynders
Soveel meer is ’n stouterige boek met ouer karakters. Dit speel af by Chrissiesmeer, ’n plek met ’n ryk geskiedenis wat teruggaan na die Anglo boereoorlog en selfs voor dit. Die slag van Chrissiesmeer het daar gebeur…
Nou loop daar spoke ook! Ou spoke en nuwes, soos die afkop soldaat en tant Anna wat verdwyn het, haar oorskot waarskynlik iewers in ’n muur ingebou. En die toiingrige donker man met die rafels vir klere en bosvarktande om sy nek, wat verskyn en verdwyn. Daar is ook ’n baie ou en geskiedkundige begraafplaas.
As dit van die heldin in ons storie, Ranata afhang, het daar heelwaarskynlik ook ’n ruimteskip langs die meer op planeet Chrissies geland, lank gelede… of meer onlangs.
Chrissiesmeer is ook die woonplek van ons nasionale voël, die blou kraan en sy kroondraende familielid, die Mahem. ’n Wye verskeidenheid van watervoëls en spesies paddas, waarvan party dalk net daar voorkom.
Daar is ook ’n ander rede hoekom ek het die naam Meer gekies het… En dit is omdat ons oor meer gaan skryf as bloot liefde.
Twee mense beland op ’n plaas langs die meer. Albei werk en skryf vir Van Rijn Uitgewers, (Een is mede eienaar) maar hulle weet nie van mekaar nie. En hulle gaan beslis nie vir mekaar daarvan vertel nie.
Om die waarheid te sê, Hugo en Renata is nie eens van plan om met mekaar kennis te maak, daar waar hulle in ’n afgelee kampie langs die meer beland het nie. Elkeen is dan juis daar omdat hulle op hulle eie wil wees en nie ander mense wil sien nie.
